TotalEnergies se ontdekking eintlik 3 miljard vate

TotalEnergies Venus-1-ontdekking aflandig van bevat minstens 3 miljard vate herwinbare olie en is Afrika suid van die Sahara se grootste olievonds ooit. Dit is volgens Upstreamonline. Venus se bronne laat toe dat  250 000 vate per dag geproduseer kan word. Daar word berig dat dit TotalEnergies se grootste ontdekking in 20 jaar is. Venus-1 is tot ‘n totale diepte van 6 296 meter geboor. Oorspronklik is daar beraam dat daar bronne van tussen 1,5 en 2 miljard vate was. Kenners meen dat Namibië die derde grootste olieprodusent in Afrika suid van die Sahara kan wees – en dit binne ‘n dekade.