TotalEnergies se olie-put is ook belowend

Daar word berig dat die eksplorasieput van TotalEnergies, na aan die Graff-1 put van Shell, aflandig in die verre Suide van Namibië, sy teiken-reservoir bereik het en die eerste aanduidings is uiters positief. Die put, wat Venus gedoop is, het blykbaar bronne van ver meer as ‘n miljard vate olie. Die put is nes Shell s’n, 3 000 meter diep. Shell het onlangs bevestig dat daar bronne van ligte ru-olie gevind is.