TotalEnergies gaan 3D-seismiese opname in Blok 2913B doen

TotalEnergies sal vroeg volgende jaar ‘n 3D-seismiese opname oor die suidelike deel van Blok 2913B afskop om die belowende Damara- en Suid-Damara-strukture in Namibië se Oranje-bekken te dek, sê Africa Oil. Africa Oil is ‘n Kanadese genoteerde olie- en gasmaatskappy met ‘n indirekte belang van 6,2 persent in die twee blokke 2913B en 2912, deur sy 31,1 persent-eienaarskap van Impact Oil and Gas Namibia. Namcor het ‘n 10 persent deelnemende belang in Blok 2913B. Die uitvoerende hoof van Africa Oil, Roger Tucker, sê in Upstream die suidelike deel van die blok lyk uiters aantreklik, en voeg by die resultate van boorwerk by die Venus-1A-evalueringsput behoort ook teen die vierde kwartaal volgende jaar bekend te wees.