Shiimi sê daar’s planne vir Namcor

President Hage Geingob se einde van die jaar persinligtingsessie het ook ‘n vraag-en-antwoord sessie met ministers ingesluit. Finansminister Ipumbu Shiimi is gevra oor wat by Namcor aan die gebeur is en wat sy ministerie doen om sake daar reg te stel. Namcor se waarnemende besturende direkteur, Shiwana Ndeunyema, het verlede week erken dat sy finansiële verliese van 700 miljoen Namibiese dollar verhoed kon word en het die “interne beheer omgewing” blameer omdat dit nie teen skokke van buite kan reageer nie. Shiimi is aan die woord.