TotalEnergies begin die week produksietoetse op Venus
TotalEnergies sal vandeesweek met kritieke produksietoetse begin op ‘n evaluasieput by sy multi-miljardvat Venus-olie-ontdekking aflandig in die suide van die land. Die maatskappy se uitvoerende hoof Patrick Pouyanne het die aankondiging gemaak. Volgens die maatskappy, sal die evaluasie die olie-reus van waardevolle reservoirdata voorsien wat ‘n beter beeld van die ontwikkelende geologiese model van die bekken sal skep. Die data is noodsaaklik om ‘n grondslag te lê vir kommersiële ontwikkeling.