Totale sterftes van SA oproer tans 215

Nog drie sterftes is aangemeld wat verband hou met die oproer in KwaZulu-Natal en Gauteng. Dit bring die totale sterftesyfer op 215 te staan. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê albei provinsies is weer kalm en opruim-operasies gaan voort. Ministers in die ekonomiese groep werk saam met die sakesektor om geplunderde ondernemings by te staan om hulle ekonomiese aktiwiteite weer ten volle te hervat. Sy sê die regering staan ook sukkelende gesinne by met kospakkies en koopbewyse.