Total onttrek uit Mosambiek

Die Franse enegie-maatskappy, Total, het ‘n verklaring uitgereik en bevestig hy skort die bou van ‘n gas-projek van miljarde Namibiese doller in die noorde van Mosambiek op. Dit volg na die jongste aanvalle deur Islamitiese ekstremiste waarin tot dusver minstens 2 600 mense dood en byna 700 000 ontwortel is. Volgens Total is die situasie in die Cabo Delgado-provinsie nou buite sy beheer en kan hy nie sy kontraktuele verpligtinge nakom nie.