Top-drie gelukkigste lande word deur vroue gelei

Die jongste Wêreld-geluksverslag berig die voorste drie lande met die gelukkigste bevolkings word deur vroue gelei. Finland, onder leiding van premier Sanna Marin, is aangewys as die gelukkigste bevolking ter wêreld. In die tweede plek is Denemarke, wie se eerste minister, Mette Frederiksen, sedert Junie 2019 aan die bewind is. Derde is Ysland, wie se eerste minister, Katrín Jakobsdóttir, sedert 2017 regeer. Die verslag rangskik die gemoedstoestand van burgers onder andere op grond van inkomste, gesondheid en oor hoe vry hulle voel.