Aktiviste ruk op teen gaseksplorasie in Afrika

Meer as 400 omgewingsaktiviste van Suid-Afrika, Zimbabwe, Duitsland en Oostenryk betoog in Wene, Oostenryk, onder die hutsmerk Don’tGasAfrica. Die Europese Gasberaad vind tot vandag plaas waar afgevaardigdes van die wêreld se grootste gas- en oliemaatskappye, waaronder BP, Total en Shell, in die Oostenrykse hoofstad byeenkom. Die polisie het betogers met pepersproei uiteen probeer jaag en sowat 145 betogers is reeds in hegtenis geneem. ‘n Aktivis van Zimbabwe sê Afrika weier om Europese olie- en gasmaatskappye se gasstasie te wees. Die organiseerders sê die beraad het ten doel om Europa van Russiese gas te speen.