Top Aussie dubbelsspeler se Olimpiese droom aan flarde

Tennis: Wêreld nommer drie dubbelsspeler Storm Hunter is uitgeskakel by Australië se Billie Jean King-beker na ‘n enkelbesering, wat ook haar Olimpiese droom beëindig het. Sy het gister tydens oefening ‘n haksening geskeur en kan tot ses maande lank buite aksie wees. Hunter was aan die einde van verlede jaar die wêreld se top-dubbelsspeler. Sy sê op sosiale media haar hart is stukkend en sy is platgeslaan. Australië kom teen Meksiko te staan in die naweek se Billie Jean King-bekerkwalifiseerder in Brisbane.