Toordokter in hof oor bewerings van heksery

Die hoof uitvoerende beampte van Alzheimers Demensie Namibië, Berrie Holtzhausen het bevestig dat ‘n toordokter Woensdag in die Kahenge-hof in die Kavango-Wes-streek sal verskyn nadat hy ‘n vrou glo van heksery beskuldig het. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels van heksery uitgekryt. Pasiënte staar wrede en skadelike praktyke in die gesig wat verband hou met beskuldigings van heksery. Holtzhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…