Binnelandse sake: Visum-vereistes vir Afrikane nie laat vaar

Die ministerie van binnelandse sake het bevestig dat Namibië geen besluit geneem het om visum-vereistes vir alle Afrikane te laat vaar nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Etienne Maritz het in ‘n mediaverklaring gesê ‘n artikel wat op sosiale media rondgestuur word wat beweer dat visum-vereistes vir alle Afrikane afgestel, is vals en misleidend. Maritz sê Namibië se huidige visum-beleide en prosedures geld steeds en enige veranderinge sal deur die amptelike kanale gekommunikeer word.