Tonne plastiek uit Stille Oseaan verwyder

Die program, bekend as die Ocean Clean-up’s Great Pacific Garbage Patch, het ‘n skokkende 200 000 kilogram plastiek uit die Stille Oseaan verwyder. Die Nederlandse organisasie sonder winsoogmerk, gestig deur Boyan Slat, wil teen 2040 90 persent van die drywende oseane-plastiek verwyder. Die span het ‘n stelsel ontwikkel wat plastiek herwin en dit in produkte omskep, waarmee dan geld ingesamel word vir nuwe oseaan-skoonmaak sendings. Die innoverende benadering het dit vir die organisasie moontlik gemaak om die werk voort te sit om plastiek uit die Stille Oseaan te haal.