Noorweë jaag 15 Russiese amptenare weg

Noorweë het 15 Russiese amptenare opdrag gegee om die land te verlaat, nadat hulle van spioenasie beskuldig is. Die minister van buitelandse sake, Anniken Huitfeldt sê Noorweë kan nie die Russiese regering toelaat om sy ambassade te gebruik vir geheime intelligensie aktiwiteite nie. Dit is die jongste voorval waar Russiese amptenare in Noorweë en ander Europese lande van spioenasie beskuldig word sedert die begin van die inval in Oekraïne verlede jaar. Noorweë deel ‘n grens van 197 kilometer met Rusland, maar betrekkinge het agteruit gegaan weens die oorlog in Oekraïne. Hoewel Noorweë nie ‘n lid van die Europese Unie is nie, het die land aangesluit by Europese sanksies teen Rusland.