Tom Hanks kry ere-doktersgraad van Harvard

Die bekende Oscar-bekroonde akteur, Tom Hanks, het ‘n ere-doktorsgraad in die Kunste van die Harvard Universiteit in Amerika ontvang. Hierdie gesogte eerbewys is uit erkenning vir sy bydraes tot die vermaaklikheidsbedryf, filantropiese bedrywighede en aktivisme. Die instelling het sy bewondering uitgespreek vir Hanks se pogings om steun te werf vir Vigs- en kankernavorsing, ruimteverkenning en die nasionale Tweede Wêreldoorlog-gedenkteken. Hanks kry ook erkenning vir sy diens as veldtogvoorsitter van Hidden Heroes, ‘n organisasie wat militêre versorgers se werk met veterane ondersteun.