DA: Gauteng inwoners leef in skokkende omstandighede

Die DA in Gauteng sê inwoners leef in skokkende, onmenslike en onhigiëniese omstandighede terwyl die departement van menslike nedersettings, wat waardige behuising moet verskaf, 70 persent van sy doelwitte mis. Die oorsigverslag van die menslike nedersettingskomitee se werksprestasie in die derde kwartaal van die 2022/2023-boekjaar, wys dat uit 31 doelwitte slegs nege bereik is. Mervyn Cirota van die DA sê dis onaanvaarbaar.