Tom Alweendo by Namcor-hofsaak

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo is ook by die hofsaak van ‘n Namcor-raadslid in die Windhoekse landdroshof. Die hof wag glo nog op dossier vanaf die aanklaer-generaal se kantoor. Dié raadslid is Maandagmiddag gearresteer nadat 35 gram dagga, 60 stukkies kokaïen, en 10 gram kokaïen-poeier glo onder haar se motor-sitplek gevind is. Intussen sirkuleer ‘n brief van die ministerie van finansies op sosiale media wat die raadslid se beskerming van die Namibiese polisie versoek. Nampol-polisiehoof inspekteur-generaal Joseph Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy steeds op siekverlof is en bevestig hy het nog nie só ‘n brief onder oë gehad het nie.