Brave Warriors klop Kameroen met 2-1

Die Brave Warriors het Kameroen in die Dobsonville-stadion in Johannesburg met twee-een geklop. Namibië se top-speler Peter Shalulile het dit weer gedoen en die eerste doel aangeteken. Die tweede doel vir die Namibiese sokkerspan is deur Absalom Iimbondi in die hok gesit. Namibië moes speel sonder hul verdediger Charles Hambira wat beseer is. Die Brave Warriors is nou eerste op die ranglys in die groep, gevolg deur Kameroen en dan Burundi om te kwalifiseer vir die Afcon-toernooi.