Tolpaaie-program onbepaald uitgestel
Die Padfonds-administrasie het aangekondig dat hy sy voorgestelde tolpaaie-program onbepaald uitgestel het. Die administrasie het in ‘n verklaring gesê dit volg nadat hy in 2022 beleidsteun van die regering ontvang het om belanghebbendes te betrek oor die instelling van tolgeld in Namibië. Die administrasie sê as gevolg van die heersende ekonomiese klimaat, tesame met faktore soos hoë rentekoerse en inflasie, het hy besluit om sy beplande belanghebbendes en openbare konsultasies oor die implementering van tolpaaie uit te stel tot verdere kennisgewing. Die administrasie het twee uitvoerbaarheidstudies oor tolpaaie laat doen wat tot die gevolgtrekking gekom het dit ekonomies en prakties haalbaar in Namibië is.