Tolkien se wêreld nou beskikbaar…

Avontuursoekers kan nou die beroemde Engelse skrywer JRR Tolkien se webtuiste besoek om toegang te kry tot al die skilderye en kaarte wat hy gebruik het om sy fiktiewe wêreld, Middle-Earth, te skep. Die skepper van The Lord of the Rings en The Hobbit het blykbaar baie kreatiewe gereedskap gebruik soos kalligrafie, kartografie en skilderye wat nou op die Tolkien-webtuiste beskikbaar is. GoodNewsNetwork berig volgelinge kan nou skilderye sien wat vir sy vier kinders gemaak is. Hy het die stories vir hulle geskep en dit het uiteindelik tot sy beroemde boeke gelei.