Toks sê hy bedank Toks & Tjops, en verwyder toe plasing

Volgens Toks van der Linde se sosiale media sal hy ná 12 jaar as aanbieder van Toks & Tjops, die gewilde geselsprogram op kykNET, bedank, maar, die plasing is intussen verwyder. Van der Linde het op sosiale media geskryf: “Ek het besluit to call it a day. 12 jaar was awesome maar laaste tyd het vertroue tussen my en LIEBIE verbrokkel. kykNET was amazing vir my. Dankie, dankie, dankie. So ek maak klaar met Toks en Tjops. So leer jy mense ken. Dankie vir almal se support oor 12 jaar. Baie lief vir almal van julle! Ou Tokka.” Liebie Opperman is Toks & Tjops se vervaardiger.