Tokio se Covid-gevalle styg

Tokio se 2 848 nuwe Covid-gevalle vandag is die meeste sedert die Covid-pandemie begin het, sê gesondheidsowerhede. Hospitale in die gasheerstad vir die Olimpiese Spele maak gereed om meer pasiënte op te neem, berig die media in Japan. Kenji Shibuya, ’n voormalige direkteur van die Instituut vir Bevolkingsgesondheid van die King’s College, Londen, sê die toename in gevalle is weens die Delta-variant. Shibuya sê dit is onmoontlik om vas te stel in watter mate die Spele bygedra het tot die nuwe vlaag van infeksies.