Toestelle aan vislyne kan miljoene haai red

‘n Toestel wat op vislyne aangebring kan word, het volgens berigte die potensiaal om miljoene haaie te red. Die uitvindsel, genaamd SharkGuard, skep ‘n elektriese veld om die vishoek waaraan die aas is. Haaie en pylsterte tel die veld op met hul elektro-ontvangers, wat verhoed dat hulle gevang word. Die toetse het bevind die toestel kan die toevallige vang van haaie met 91 persent verminder en dié van pylsterte met 71 persent. Die ontwerpers glo hul toestel kan die dramatiese agteruitgang van bedreigde haaie omkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat.