Toeriste toenemend geteiken

Misdadigers probeer altyd nuwe taktieke om niksvermoedende individue te mislei, veral toeriste wat die land besoek. Toeriste is volgens ‘n toergids op Walvisbaai beroof. Volgens Nampol is toeriste ook by Zannier Hotel Omaanda naby die Hosea Kutako Internasionale Lughawe van kontant van 1 400 Amerikaanse dollar en items ter waarde van 25 200 Namibiese dollar beroof.  Tydens ‘n ander voorval het misdadigers Suid-Afrikaanse toeriste hulle van die lughawe af gevolg nadat hulle gesien het dat die toeris geld by die OTM onttrek het. Volgens die Namibiese polisie is die verdagtes deel van ‘n sindikaat wat toeriste teiken. Kosmos 94.1 Nuus het met die toeris Brian Muir gepraat wat ander toeriste en die publiek gewaarsku het om op die uitkyk te wees vir hierdie misdadigers.