Toeriste stroom na buurland

Die buurland se toerisme-minister, Patricia De Lille, sê Suid-Afrika bly ‘n gesogte bestemming vir beide plaaslike en internasionale reisigers. Tussen Januarie en November vanjaar het internasionale toeristegetalle 7,6 miljoen mense beloop, wat ‘n 51,8 persent toename verteenwoordig teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. De Lille sê, in dieselfde tydperk het Suid-Afrika 5,8 miljoen besoekers uit die res van Afrika verwelkom, wat ‘n beduidende 75,5 persent van alle aankomste behels, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.