Toerismesektor soek duidelike Covid-regulasies

Na die gewysigde Covid-regulasies wat die Namibiese President Hage Geingob aangekondig het, is daar onduidelikheid oor sekere regulasies, veral in die toerismesektor, wat ook die ergste deur die pandemie geraak is. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus die frustrasies van die toerismebedryf gedeel en hoop dat die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanaand tydens sy bespreking op NBC TV, duidelikheid sal gee.