Toerisme tussen SA en Verenigde Arabiese Emirate versterk

Die Wes-Kaapse Toerisme, Handel- en Beleggingsbevorderings-agentskap, Wesgro en Dubai Tourism het onderneem om toerisme in Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate te versterk. Dubai Tourism beplan om ‘n toer na Johannesburg, Durban en Kaapstad te onderneem. Meer as 2,7 biljoen Suid-Afrikaanse rand is tydens die pandemie in hierdie sektor verloor. Die uitvoerende hoof van Wesgro, Wrenelle Stander, sê dit is nou die regte tyd om die bedryf te laat herleef en reisigers van regoor die wêreld te lok.