Toerisme tel op, maar waar’s die busse?

In die eerste twee maande van 2023 was daar gemiddeld 11 431 buitelandse aankomste per maand, wat ‘n aansienlike toename is vergeleke met die gemiddeld van 5 223 gedurende dieselfde tydperk in 2022. Die pandemie het ‘n terugslag veroorsaak, maar die bedryf wys tekens van herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die hoof uitvoerende beampte van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, oor die plaaslike moontlikhede van sogenaamde hop-on, hop-off busse wat baie meer besoekers op ‘n slag verteenwoordig. Paetzold sê dat die gekose vorm van vervoer vir baie toeriste verander het en hulle verkies nou om self te ry.