Toerisme-syfers: Hele waardeketting nie ingesluit nie
Die jongste toerisme-syfers toon ‘n herlewing in die sektor, broodnodig na die erge impak van die Covid-pandemie. Maar, volgens ‘n ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm ontbreek van die nodige insette. Hy sê die Namibiese Statistieke-agentskap het uitdagings om die totale waarde van toerisme akkuraat vas te lê, grootliks te wyte aan die manier waarop besighede gekategoriseer word, soos die plasing van professionele lughawe-vervoer wat binne die vervoer kategorie in plaas van die toerisme sektor waar hulle tereg behoort geplaas word. Daar is dus kommer dat die hele waardeketting in toerisme nie in die syfers vasgelê word nie.