Toerisme: lig aan die einde van die tonnel

Ondanks die Namibiese ekonomie wat hard deur die Covid-pandemie getref is, is daar tog tekens van herstel. Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako wemel van buitelandse toeriste en volgens die toerismebedryf is besprekings besig om in te kom. Nathaly Ahrens van die Toerisme- en Safariverniging, Tasa, sê toerismesyfers het in Oktober en November gestyg.

Alhoewel daar stygende positiewe Covid-syfers in Europa is, sê Ahrens die toerismebedryf bly hoopvol.