Erge oorstromings in Suid-Kaap eis slagoffer

Die erge oorstromings in die Suid-Kaap het ‘n slagoffer geëis toe ‘n man in sy sewentigs vanoggend op die Geelbekvleipad naby Brandwag in die Mosselbaai-gebied verdrink. Hy het probeer om ‘n oorstroomde laagwaterbrug in sy dubbelkajuitbakkie oor te steek ná swaar reën en oorstromings. ‘n Polisiewoordvoerder sê lede het na die toneel gehaas en na die bakkie geswem wat in die middel van die brug onder die water vasgekeer was. Die bestuurder was reeds dood. Da Gamaskop se polisie het ‘n dossier geopen.