Toerisme: 7,2 miljoen verloor werk in Afrika

Terwyl Wêreld Toerismedag vandag herdenk word, is die sektor, hier en elders op sy knieë. Meer as sewe miljoen poste in toerisme het op die vasteland verlore gegaan as gevolg van die Covid-19 pandemie, wat ongeveer ‘n derde van al die beskikbare poste is. Volgens die Wêreldreis- en Toerismeraad verdien Afrika ongeveer 3 triljoen Namibiese dollar jaarliks, net minder as 7 persent van die vasteland se BBP. Die sektor ondersteun ook 24,7 miljoen werksgeleenthede. Sedert Covid, het inkomste met 1,2 triljoen dollar gedaal en 7,2 miljoen persone het hulle werk verloor. Maar voorspellings toon ‘n herlewing in die sektor en teen 2030 word daar 134 miljoen besoekers in Afrika verwag, teenoor 50 miljoen wat in 2010 aangeteken is.