Toeris in die nag vasgebind en beroof in sy tent by lodge

‘n 44-jarige Slowaakse-toeris is in sy tent by Teufelskrallen Lodge in die Hardap-streek beroof van items ter waarde van meer as 215 000 Namibiese dollar. Die voorval het omstreeks drie-uur in die oggend plaasgevind. Die man is vasgebind soos Nampol-woordvoerder hoofinspekteur Elifas Kuwinga verduidelik.