Toeris beroof: Nampol is op laaste drie se spoor

Die eerste verdagte in die rooftog oor die naweek van ‘n Belgiese toeris wat op video vasgelê is, is in hegtenis geneem. Die 33-jarige verdagte is in Omongostraat in Wanaheda gevang. Die mag sê die groep van vier met weggekom het ‘n Apple-skootrekenaar en ‘n selfoon, wat reeds verkoop is. Die verdagte het volgens berigte bevestig dat sy drie makkers na Oshakati gevlug het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Die bevelvoerder van die Khomas-streek kommissaris Ismael Basson, het Maandag reeds vier verdagtes geïdentifiseer en hul foto’s gesirkuleer.