Toenemende stropery wek kommer, sê Shifeta

Die onlangse toename in wildmisdade in die land bly ‘n bron van kommer vir die omgewingsministerie. Altesaam 55 renosters is tussen Januarie en Augustus vanjaar gestroop, ‘n toename van 11 gevalle vergeleke met verlede jaar. Die brandpunte is Etosha Nasionale Park en private wildplase. Daar is 36 mense vanjaar vir renosterverwante sake in hegtenis geneem, vergeleke met 80 verlede jaar. Twee olifante is tot dusver vanjaar in die noordelike en oostelike streke van die land gestroop, vergeleke met agt in 2021 en 48 mense is vir olifantverwante sake tot dusver in hegtenis geneem, vergeleke met 98 in 2021. Daar is in dieselfde tydperk beslag gelê op agt lewende ietermagô’s, vergeleke met 21 in 2021, terwyl beslag gelê is op 24 ietermagô’s, vergeleke met 66 verlede jaar. Tot dusver is 48 verdagtes is vanjaar gearresteer in verband met die sake, vergeleke met 129 in 2021.