Toenemende kommer oor onwettige handel in SA

Die Instituut vir Sekerheidstudies het sy kommer uitgespreek oor onwettige handel in Suid-Afrika. Die instituut sê die onwettige handel in verskillende soorte goedere in die land neem vinnig toe. Daar is toenemend versoeke aan die regering gerig om sy pogings daarteen te verskerp. Die instituut se woordvoerder, Welem Els, sê as dit die status quo bly, sal die land ontaard in ‘n mafia-staat.