Europese Kommmissie besorg oor beweerde omkoopgeld van Katar

Die president van die Europese Kommissie is uiters besorg oor bewerings dat ampsdraers van die Europese parlement omkoopgeld van ʼn Golfstaat ontvang het, na bewering Katar. Ursula von der Leyen het reageer op die naweek se inhegtenisneming van vier amptenare waarvan twee intussen vrygelaat is. Een van die name wat genoem word, is die visepresident van die parlement, Eva Kaili. Aanklaers vermoed Katar wou met skenkings die parlement beïnvloed. Die Belgiese polisie het tydens klopjagte in Brussel beslag gelê op elektronika en miljoene rand kontant.