Toename in sekswerk glo weens armoede

Sekswerk in die land is blykbaar weer aan die toeneem na aanleiding van plaaslike berigte dat jong meisies ooglopend in die strate van Oshakati hul liggame verkoop. Op sosiale media gons dit oor foto’s in ‘n dagblad van hierdie jong meisies wat duidelik nie bang was om te onthul waarmee hulle handel dryf nie. Dit blyk armoede wat deur werkloosheid veroorsaak word, die oorsaak van sekswerk is, wat steeds as kriminele oortreding in die land geag word. Maatskaplike aktivis, Linda Baumann het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gepraat…