Toename in haatspraak en geweld teen LGBTQ-gemeenskap

Die Namibia Equal Rights Movement gaan môre die media in die hoofstad toespreek oor die groeiende bedreiging vir grondwetlike demokrasie en aanhitsing van geweld teenoor die LGBTQ-gemeenskap. Dit volg na die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike wat vir dié gemeenskappe ‘n tydperk van vieringe moes wees. Dit het ontaard in ‘n toename in haatspraak en aanhitsing van geweld gesien wat deur kerkgroepe en politieke partye voortgesit is. Die burgerlike samelewing het ‘n styging in haatmisdade teenoor dié gemeenskap aangemeld, met talle lede wat lewensgevaarlike situasies in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het met die redakteur van Sister Namibia, Ethne Mudge, gesels…