ACC-adjunkhoof woon De Klerk se borgverhoor by

Die adjunk-direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommssie van Namibië, advokaat Erna van der Merwe het vandag die hofverrigtinge van die omstrede Namibiese prokureur Marén de Klerk in die Paarl, Suid-Afrika, bygewoon. De Klerk se borgtogverhoor het vandag begin en sal môre voortduur met die staat wat sy voorlegging doen om borgtog teen te staan. Dit volg nadat die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab in Mei verlede sy uitlewering amptelik versoek het. De Klerk word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery in verband met die Fishrot-saak.