Toekoms van vervaardigingsvereniging is onbekend

Dit is onbekend wat die toekoms van die Namibiese Vervaardigingsvereniging is. Die vereniging is tans ‘n vrywillige likwidasie na wanbestuur van fondse, ter waarde van ongeveer 1,7 miljoen Namibiese dollar bevestig is. Die vereniging het ook sy uitvoerende hoof Ronnie Varkevisser afgedank. Die vereniging, wat uiters belangrik is vir die vervaardigingsektor in die land, het meer as 140 lede waaronder groot vervaardigers soos Namib Mills en Namibië Brouerye. Die voorsitter Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die pad vorentoe.