Toe grensposte knel logistieke bedryf

Die logistieke bedryf word finansieel erg geraak as grensposte sluit. Chaos het die naweek by die Nakop-grenspos van Suid-Afrika geheers met ‘n opeenhoping van vragmotors met lewendehawe en produkte. Stephan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vloei by Suid-Afrikaanse grensposte het weer na normaal teruggekeer.