Tito Mboweni ondersteun Eskom-hoof

Die voormalige minister van finansies in die buurland, Tito Mboweni, het dit duidelik gemaak hy ondersteun Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, ten volle. De Ruyter en Eskom se raad het onder hewige kritiek deurgeloop nadat fase 6-beurtkrag verlede week ingestel is. Lede van die publiek en politieke partye het ‘n beroep gedoen vir die onmiddellike afdanking van die kragverskaffer se hele raad. Mboweni sê egter hulle het die land se steun nodig.