Erfenistoerisme onder die loep

‘n Eendagkonferensie vir rolspelers in die toerismesektor vind plaas in Omuthiya in die Oshikoto-streek. Die konferensie word gereël deur die toerismeministerie in samewerking met Unesco en met ondersteuning van GIZ. Die konferensie is daarop gemik om bewustheid te skep van die belangrikheid van volhoubare en erfenis-toerisme. Daar is opgemerk dat namate toerisme aanhou groei, dit ‘n nadelige uitwerking op die omgewing kan hê, vandaar die behoefte vir belanghebbendes om te kyk na die faktore wat die omgewing op ‘n negatiewe manier kan beïnvloed. Die konferensie poog ook om die potensiaal van toerisme in die Oshikoto-streek te identifiseer, veral in kultuur- en erfenistoerisme. Namibiese toergids Joseph Kafunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik kulturele toerisme is.