Titanic-duikboot het tussen 36 en 40 uur se suurstof oor

Die Amerikaanse kuswag sê die toeriste-duikboot met vyf mense aan boord wat vermis geraak het tydens ‘n besoek aan die wrak van die Titanic, het 40 en 36 uur se suurstof oor. Die duikboot, wat deur OceanGate Expeditions bedryf word, was deel van ‘n plesiertog na die Titanic-wrak aan die kus van Newfoundland, Kanada, toe dit ná ongeveer ‘n uur en 45 minute kontak verloor het. Die Amerikaanse kuswag sê die Kanadese John Cabot en ‘n Franse navorsingskip sal by die soektog aansluit.