Titan-stukke, moontlike menslike oorskot gevind

Brokstukke van die Titan-onderwatervaartuig is in Newfoundland, Kanada, aan wal gebring. Vyf mense, waaronder twee Britse burgers, is dood toe die OceanGate-duikboot katastrofies ingeplof het tydens ‘n reis na die wrak van die Titanic. Op een foto is ‘n groot wit gebuigde stuk metaal terwyl ‘n ander wrakstuk vol kabels en ander meganiese onderdele is. Die Amerikaanse kuswag het ‘n ondersoek na die ramp van stapel gestuur waarmee daar pas begin is. Daar is ook moontlik menslike oorskot gevind maar, dit moet nog ondersoek en bevestig word.