Time kies Taylor Swift as Persoon van die Jaar

Die tydskrif Time het die Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer, Taylor Swift, as sy Persoon van die Jaar aangewys. Dit volg nadat die Eras-toer alle loket-rekords verbreek het. Daar word berig die vraag na kaartjies was so groot dat dit Ticketmaster se webwerf oorweldig het. Die jaarlikse toekenning gaan volgens berigte aan ‘n persoon of gebeurtenis wat die afgelope jaar die meeste invloed op globale gebeure gehad het. Die 33-jarige Swift het vanjaar ook vyf albums gelyktydig in die Amerikaanse Top 10 gehad en die eerste liedjieskrywer geword wat sewe Grammy-benoemings vir liedjie van die jaar gekry het.