Geen styging in respiratoriese siektes: Shangula

China worstel met ‘n toename in respiratoriese siektes by kinders, insluitend longontsteking. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie sê algemene winterinfeksies eerder as enige nuwe patogene veroorsaak die styging in hospitalisasies. Die gesondheid-minister, Kalumbi Shangula, stel die publiek gerus dat daar plaaslik tot dusver geen styging in respiratoriese infeksies waargeneem is nie.

Dr Shangula sê dat die land goeie praktyke tydens die Covid-19 pandemie aangeleer het, wat gehandhaaf moet word.