TikTok die meeste in 2020 afgelaai

Die Chinese video-delingsplatform TikTok was verlede jaar die toepassing wat die meeste ter wêreld afgelaai is. Volgens die digitale ontledingsmaatskappy, App Annie, was dit ook die enigste toepassing onder die top vyf wat nie aan Facebook behoort nie. Facebook, Facebook Messenger, Instagram en WhatsApp maak die res van die groot vyf uit. TikTok se gewildheid het toegeneem nadat die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, probeer het om dit te verbied. Hy meen dit is ‘n nasionale veiligheidsrisiko aangesien die Chinese regering toegang tot sy gebruikers se data het.