Inwoners ontstoke oor disko in katedraal

Ontstoke inwoners protesteer teen ‘n uitverkoopte stil disko by die Canterbury-katedraal omdat hulle voel dit is nie die plek vir ‘n sekulêre partytjie nie. Die beroemde katedraal, suidoos van Londen, sal ongeveer 750 mense elk vanaand en môreaand verwelkom vir die geleentheid met die 90’s as die tema. Bywoners gaan oorfone dra terwyl hul dans op die musiek van Britney Spears, TLC, Eminem en die Spice Girls en weglê aan alkoholiese drankies in die geskiedkundige katedraal. Kaartjies was US$31 (sowat N$586) – met BBP-opsies teen US$40 (sowat N$756) – voordat dit uitverkoop is.

Foto: Conde Nast Traveler